" Die Imperialisme van die Tyd " deur FERDI GREYLING [boodskap #76846] |
Ma, 28 April 2003 13:31 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
Ferdi Greyling
Ek ken die Swartberge
in die land voor die tyd.
Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
Die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.
Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.
Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wêreldlyn,
Ek is koning van idees.
Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.
Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.
Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.
|
|
|
|
|
Re: " Die Imperialisme van die Tyd " deur FERDI GREYLING [boodskap #76986 is 'n antwoord op boodskap #76971] |
Do, 01 Mei 2003 18:01 |
DD
Boodskappe: 1166 Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 30 Apr 2003 23:37:14 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Q wrote:
>
>
>> Is dit nou ons Ferdi Greyling hierdie?
>
> Ek neem so aan.
>
> Tant Hessie van die Kango-grotte
Hetsy dit julle Ferdi Greyling is of nie,
bouwer se rekord van onpoppulêrrisme
sal nié sò maklik geklop kan word nie.
DD
|
|
|